Appliek stabiliseer wenke | Liggewig afkskeur stabiliseerder

Posted by Maria Kotze on

Liggewig afskeur stabiliseerder:

Gebruik liggewig afskeur stabiliseerder tussen jou appliekblok se agterkant en jou naaimasjien se voertande. Dit behou jou projek mooi plat terwyl jy jou siersteke werk. Skeur die stabiliseerder af wanneer jou appliekwerk afgehandel is. Dit word aanbeveel dat afskeur stabiliseerder ten alle tye gebruik word om jou basismateriaal te ondersteun.

Wenke:

  • Toetsstik eers op jou materiaal om te bepaal of jy 'n enkel of dubbel laag stabiliseerder moet insit, dit sal verkiesliker wees om beter te stabiliseer indien die siersteek swaar sal wees. Die doel van die stabiliseerder is om geen plooitjies te kry tydens jou stikwerk nie.
  • Wanneer meer as een laag stabiliseerder gebruik is, skeur die stabiliseerder laag vir laag eerder as alles gelyk. Ondersteun jou steke deur jou vinger op die stikwerk te hou wanneer jy die stabiliseerder afhaal.
  • Gebruik eerder twee lae liggewig afskeur stabiliseerder as ’n enkel laag swaargewig, aangesien die liggewig katoen materiaal nie altyd die skeur-aksie van die swaarder stabiliseerder sal kan hanteer nie.

Kyk gerus watter stabiliseerders ons in voorraad het.

This article was written by: Maria Kotzé
SAQG Accredited Quilt Teacher

    0 comments

    Leave a comment

    Please note, comments must be approved before they are published