Appliek wenke deur Maria | Appliekpapier

Posted by Maria Kotze on

 

 

 

 

 

 

 

 

Mens gebruik appliekpapier om jouself te help om die appliekstukke op die basislap vas te heg wanneer jy die buiterand rou laat en met ’n steek gaan bedek.  Appliekpapier is geskik vir ingewikkelde vorms.

Wenke:

Gebruik ’n liggewig appliekpapier, byvoorbeeld “Heat-n-Bond Light”, om te voorkom dat die lae stabiliseerder en materiaal nie naderhand te dik of te styf raak vir die eindproduk nie.

Teken die appliekstuk met behulp van ’n ligboks op die papier-kant van die appliekpapier, maar draai jou appliekpatroon onderstebo (om die spieëlbeeld te vorm).  Maak net eers seker of jou patroon nie reeds die motief omgekeer het nie.  Dit verseker dat jou appliekblok nie die spieëlbeeld van wat jy wil bereik, skep nie. 

Nadat jy die appliekpatroont op die appliekpapier geteken het, knip dit rofweg uit en stryk op die appliekmateriaal se agterkant.  Knip dan die patroon akkuraat uit en skeur die papier af, sodat die appliekstuk agter gegom sal wees.

Lees die instruksies wat saam met die appliekpapier kom deeglik, dit verskil baie maal van die standaard instruksies.  Gewoonlik werk die appliekpapier beter sonder stoom en met ’n teflon beskermlaag tussen jou strykyster en die appliekstukkie wat jy vasstryk, om jou strykyster te beskerm.

This article was written by: Maria Kotzé
SAQG Accredited Quilt Teacher

Volg hierdie skakel om te kyk watter appliekpapier ons in voorraad het.

0 comments

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published